Maak 'n eier-valskerm, sit op 'n stoel van papier, bou jou eie vuurpyl, laat brand 'n lig met 'n suurlemoen... As jy nuuskierig is oor dinge soos swaartekrag, lugweerstand, statiese elektrisiteit en chemiese reaksies, is jy op die regte plek! Met lekker (soms plofbare!) eksperimente wat jy in die agterplaas kan doen, is die Hoe dinge werk - reeks elke jong doen-dit-self-wetenskaplike se droom.