Maak 'n eier wat hop, kweek jou eie bakterieё, keer dat 'n gesnyde appel bruin word, blaas 'n ballon op met gis... As jy nuuskierig is oor dinge soos swamme en ensieme of wil sien hoe jou longe en spysverteringstelsel werk, is jy op die regte plek! Met lekker (soms plofbare!) eksperimente wat jy in die agterplaas kan doen, is die Hoe dinge werk - reeks elke jong doen-dit-self-wetenskaplike se droom.