"Die Hans Christian Andersen van Suid-Afrika" - dit is erenaam wat aan Helena J.F. Lochner gegee is. Hierdie geliefde Afrikaanse skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede,maar haar verhale is tydloos en klassiek, nes dié van Adersen.
Die bundle bevat 'n keur van haar mooiste stories, soos die bekende Ou tante Langtand, Die pratende pot, Die apies jaag resies en ou meneer Springer.
Nuwe illustrasies deur die kunstenaar Toby Newsome sal sorg dat Afrikaanse lesers opnuut deur hierdie meesterstoriesverteller bekoor word.