Die geheimenisse van 'n kind se kamer is wonderlik en vol towerkrag, en net speelgoed wat oud en wys en ervare is, soos die hobbelperd, kan alles daarvan vertsaan. Wanneer 'n speelgoedhasie van fluweel vir die eerste keer in die kinderkamer kom woon, kyk die ander speelgoed neer op hom en word hy gespot oor sy eenvoud. Maar die hobbelperd verduidelik hoe 'n speelding "Rêrigwaar" kan word as iemand hom genoeg liefhet. Gou word die hasie die seuntjie se beste maat. Maar eers toe die seuntjie op 'n dag baie siek word, vind die hasie uit wat dit werklik beteken om Rêrigwaar te wees.
Hierdie tydlose verhaal oo die mag van liefde, die behoefte om iewers tuis te hoort en die teer, verbeeldingryke verhouding tussen 'n kind en sy gunstelingspeelding het vir die eerste keer in 1922 verskyn. Linda Rode se pragtige vertaling van die oorspronklike teks en Theodore Key se betowerende illustrasies maak dit 'n kosbare versamelstuk wat op elke boekrak tuishoort.